Oudleerlinge aan die woord

Elje vd Walt

Ontvang n toekenning vd Rektor, prof Fika Janse van Rensburg

35301262-bc98-438c-94be-167f55db960f

Op die foto ontvang sy namens die koor ‘n toekenning. Onder haar leierskap het die koor talle optredes gehad, tydens Aardklop opgetree, oorsee getoer asook deur SA.

Karla Schutte

My ervaring van Hoërskool:

Laas jaar hierdie tyd was ek baie benoud. Voor my het ‘n groot berg gelê… hoërskool. Hoe sou ek die hoërskool oorleef? Ek was bekommerd dat ek ontgroening sou haat, nie vriende sou maak nie, dat ek sou verdwaal in die groot skool of verdrink onder ‘n groot hoop huiswerk. Sou die enorme skool in vergelyking met CCL my onder kry? Sou ek kans kry om my christenskap ook daar uit te leef?

En so het my ouers my met al my vrese voor Hoërskool Eldoraigne se hek afgelaai vir my eerste dag van ontgroening. Ek was op my eie. Maar ook nie vir lank nie, voor die vriendelike leerlingraadslid my plek op die pawiljoen aangewys het waar ek saam met die res van die graad aggies moes “swem”. Van daar af het my ontgroenings avontuur begin. Ek het elke oomblik daarvan geniet, van die “Swem! Swem!” skree elke keer wanneer ons klasse wissel, groentjie konsert, graad agt kamp en sokkie. Voor ek my oë kon uitvee was die ontgroening verby, het ek wonderlikke vriende gehad en was ek net so deel van die skool soos enige ander kind van ‘n groot laerskool skool.

Ek het nou net so tuis gevoel hier as wat ek in die klein skooltjie gevoel het. Ook het ek tot my verbasing agter gekom dat die skool baie christelik is, en selfs in die middae met gebed oor die interkom afsluit en dat daar juffrouens is wat werklik omgee en aandag gee aan jou. Nou kon ek konsentreer op my skoolwerk. Die skoolwerk was alhoewel meer as in laerskool, nie oorweldigend nie en dit het geleideik meer geword inplaas daarvan om soos ek verwag het alles op eenslag op my toe te sak. Ek het agter gekom dat dit ook glad nie so moeilik is om goed te doen nie, solank jy by bly en jou kant bring. Die juffrouens was vol begrip, en alhoewel streng nie onnodig met enige iets nie.

Van verdwaal was daar ook geen sprake nie, dit is nou behalwe vir die kere wat die hele klas saam by die verkeerde plek opdaag of vergeet watter dag dit is op die ses dag rooster is…oeps. Die jaar het vining verby gevlieg, en nou kan ek aan die einde van 2016 sê dat ek my eerste jaar in Hoërskool meer as net oorleef het. As ek die jaar kon oordoen sou ek slegs twee dinge anders doen: aan meer aktiwiteite deelneem en myself minder bekommer.

Hoërskool is ‘n fees met ‘n plekkie vir elkeen waar jy kan uitblink in die talente wat jy ontvang het, nuwe dinge probeer, nuwe mens leer ken en voorberei word vir die lewe wat voorlê.

Geniet elke oomblik van jou graad 8. Dit vlieg verby.

Germari Bos

Aangewys as Dux- leerling 2016 by Centution Hoërskool. Haar ouers en sy bedank CCL vir die vaste fondasie wat gelê is.

 

CCL was my veilige vesting weg van die huis af vir die agt jaar wat ek op laerskool deurgebring het. Daar kon ek met ‘n rustige hart groei in my geloof sonder al die invloede van buite totdat ek sterk genoeg was en die nodige Bybelkennis gehad het om die invloede te kan weerstaan.

Toe ek hoërskool toe is en vir die eerste keer regtig te doen kry met groepsdruk, verskillende gelowe en die druk om te presteer, was ek stewig geanker in die Bybel en was geen van hierdie dinge ooit vir my ‘n probleem nie. Inteendeel, toe ek hoërskool toe gegaan het, was ek was nog nie uitgebrand na ‘n besige laerskoolloopbaan soos ander kinders uit ander laerskole nie. Ek kon met oorgawe en opwinding al die nuwe aktiwiteite geniet. Dit was ook nooit vir my nodig om terug te staan nie – ek het beslis nie gevoel asof ek ‘n agterstand op enige gebied gehad het nie en het selfs die voorreg gehad om in my laaste jaar as onderhoofdogter van Hoërskool Centurion te dien.

Ek beskou dit as ‘n ongelooflike voorreg om in CCL te kon wees en dit is my droom om eendag ook my eie kinders dieselfde geleentheid te bied.

Groete
Germari

Erika Bos

So praat ek oor CCL…

Hegte vriendskappe, goeie onderrig en ‘n vaste fondasie – dit is alles geskenke van

ewigheidswaarde wat ek by geen ander plek as by Centurion Christelike Laerskool kon

verkry het nie. Die skool het my baie waardes geleer wat ek al die pad saam met my

hoërskool toe gedra het. Die hoërskool is baie anders. Daar moet jy jou man kan staan en

sonder die fondasie wat die laerskool vir my gelê het, sou ek dit nie kon doen nie. As gevolg

van die waardes wat ek van die laerskool af saamgebring het, het ek nooit toegelaat dat

lewensaanslae my onderkry nie.

In die hoërskool floreer ek in kultuur. Sonder die ondervinding wat ek in die laerskool

opgedoen het op gebiede soos drama, kunste en redenaars, sou dit nie so maklik in die

hoërskool gewees het nie. Die kleiner gehore by redenaars het my gehelp om die

selfvertroue op te bou om nou voor groter gehore op te tree.

Akademies staan ek ook sterk en dit is alles te danke aan CCL se hoë standaarde. Ek het

letterlik deur Graad 8 en 9 gegly, omdat ek die werk klaar geen en verstaan het – die nodige

boustene was klaar gelê.

CCL het regtig blywende waarde vir my en die ander leerders. Dit was my tweede huis en

tweede familie en was ‘n ervaring wat ek vir niks in die wêreld verruil nie.

Erika Bos