So voel ek oor CCL

Ek is reeds agt jaar betrokke by Centurion Christelike Laerskool as Graad 1-onderwyseres. En wat ‘n voorreg was dit tot nou toe nie! Hier kan ek daagliks my passie en bedenig voluit uitleef!

 

Ons skool se leuse som dit vir my so mooi op: Ken en dien.

 

Elke kind hier is vir ons waardevol Koninkrykskinders! Daagliks kan ons die leerders bedien met die Woord en hulle sodoende help om hulle volle potensiaal in Christus te ontwikkel.

 

Goeie balans word behou, nie net op Christelike gebied nie, maar ook wat kultuur, akademie en sport betref. Ons is werklik trots op elke leerder wat ons skool aan die einde van Graad 7 verlaat. Hulle staan uit as ambassadeurs vir Christus en dra ons naam hoog.

 

Juf Fransie Brittz.