Versierde houtklimraam-gebied

Versierde houtklimraam-gebied

CCL-ers was na die vakansie lekker verras met die mooi versierde houtklimraam-gebied en kan nie wag dat dit heeltemal gereed sal wees om behoorlik “bespeel” te kan word nie! Gelukkig het skooltyd méér as genoeg om nuut te leer en te skep en… vergeet nie die krygspelspeletjie, rugby, netbal en koorvoorbereiding vir ATKV-Applous nie! En wat weekliks die kroon span is die Ligdraertoekennings vir die sigbare uitleef van waardes en die vrug van die Gees!