1 November 2019 Deel 2

1 November 2019 Deel 2

Die tyd van die jaar kry CCL die uitslae van die Conquesta-vraestel wat vroeër geskryf is. Kyk net hoe trots en gelukkig lyk die leerders. Baie geluk! CCL se akademie is steeds puik! Dit was ook die laaste Conquesta wat die Gr 7’s geskryf het. Nog 25 dae dan is hulle laerskooljare iets van die verlede. Om die nuwe opwindende tyd bietjie vooruit te loop, het hulle vandag in en om die skool allerhande prettige poetse en grappige dinge aangevang… Gelukkig kon die onnies darem ontsnap! Toe vlug hulle maar liewers en gaan speel ten pin bowling en smul gesellig saam! Verseker was dit heerlike herinneringe wat gemaak is by CCL!